Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading…
Transcript

Metafoor

Hierdie gedig is 'n volgehoue metafoor.

Die gedig, in geheel, is n metafoor.

Die spreker vergelyk haar geliefde regdeur die gedig met verskeie beelde.

Die liefdesverghouding word gesien as 'n bitterbessie wat elke dag 'n bitter smaak in haar mond los. Sy word elke dag herinner aan die verbrokkeling van die verhouding.

Bitterbessie dagbreek

Haar liefdesteleurstelling is vir die spreker ’n bitterbessie wat elke nuwe “dagbreek” (reëls 1 en 19) en elke dag se “son” (reëls 2 en 20) met sy bitter, swart sap bevlek: soos die beeld van haar geliefde, is haar teleurstelling in hul liefde alomteenwoordig: dit affekteer elke dag wat sy sonder hom, maar met herinneringe aan hom, deurbring.

Bitter - bessie

Spieël (r.3) word as 'n beeld gebruik.

In 'n spieël word jou bewegings weerspieël dus alles wat jy doen, doen jou weerkaatsing ook.

Die liefde kan ook as 'n spieël gesien word. Indien die een nie weerspieël wat die ander doen nie, kan 'n verhouding nie suksesvol wees nie. Dis 'n gee en ontvang.

Die gebroke spieël dui daarop dat die twee geliefdes se verhouding verbrokkel is. Die skerp skerwe lê tussen (r.4) hulle dus kyk beide vir die skerwe van hulle verhouding. Al die herinneringe lê nou tussen hulle.

Bitter

Figuurlik:

Indien iets bitter is, is dit onsmaaklik.

Die bitterbessie is 'n metafoor vir haar gevoel teenoor die liefdesteleurstelling.

Sy gebruik haar sintuie om haar beeld te versterk.

Letterlik:

Die bitterbessie se ronde vorm en donker kleur verwys na die vorm en kleur van ’n jong son wat stadig uit ’n donker hemelruim styg.

Nie net word die son in die simboliek met die manlike geassosieer nie, maar versreël twee se “son” en versreël vier se “hom” rym, en kan dus tegnies as ’n eenheid gelees word. Indien die son dan die spreker aan ’n bitterbesssie (met sy menigte onaangename konnotasies) herinner, wek haar geliefde nou dieselfde wrewel in haar op.

Nie net word die son in die simboliek met die manlike geassosieer nie, maar versreël twee se “son” en versreël vier se “hom” rym, en kan dus tegnies as ’n eenheid gelees word.

Bitterbessie dagbreek

bitterbessie son

‘n spieël het gebreek

tussen my en hom

"daarlangs", "draai", "paadjies".

Hier kom halfrym voor in die vorm van assonansie.

Die "aa"- klanke herhaal wat die somberheid van die gedig beklemtoon.

hom (r. 4)

Die persoon waarvan die spreker praat se identiteit word nooit geopenbaar nie. Hierdie tegniek word gebruik om die gedig universeel te maak. Dit is nie net die spreker wat liefdesteleurstelling ervaar nie.

"grondpad" (reël 5)

'n Grondpad is gewoonlik 'n pad wat jy neem indien jy stilte en vrede najaag. Hier word die geliefde as 'n metaforiese grondpad gesien. Die spreker is afhanklik van haar geliefde om rigting aan haar lewe te gee.

"draf" (r.6) en "af" (r.8) rym. Hierdie woorde word deur die rym beklemtoon sodat hulle as kernwoorde uitgelig word.

Sy draf op die grondpad, maar dwaal van die pad af. Dit beklemtoon dat die spreker verdwaald is.

"paadjies" (reël 7)

Op 'n grondpad is daar gewoonlik klein paadjies wat jou terug na die hoofpad lei. Die spreker "draf" (r.6) op die grondpad, opsoek na die hoofpad. Die geliefde is die grondpad wat haar met paadjies teruglei na waar sy wil wees, maar sy neem die verkeerde paadjies.

Hierdie woorde bewys ook dat die digter begin agterkom dat sy ook deel was van die verbrokkeling van die liefde.

Sy neem die verkeerde paaie, maar "sy woorde"wat dalk op leuns dui, suggereer dat hy dalk ontrou was.

"Papegaai-bont" (r. 13)

Kontras/ paradoks:

Regdeur die gedig word kontras gebruik om die spreker se gevoel oor die liefdesteleurstelling uit te lig.

Hier word "herinnering"( r.9) en "vergeet" (r. 10) gebruik om aan te dui hoe die spreker voel. Sy dink graag terug aan al die mooi herinnering, maar direk daarna besef sy sy sal die herinneringe moet vergeet, want die liefde is nou verbrokkel.

Sy "verdwaal" (r. 11) in haar gedagtes dus dink sy weer aan die goeie tye, maar dan maak dit haar net weer seer- "trap ek in my leed." (r. 12). (Leed= pyn)

BITTERBESSIE DAGBREEK

1 Bitterbessie dagbreek

2 bitterbessie son

3 ‘n spieël het gebreek

4 tussen my en hom

5 Soek ek na die grootpad

6 om daarlangs te draf

7 oral draai die paadjies

8 van sy woorde af

9 Dennebos herinnering

10 dennebos vergeet

11 het ek ook verdwaal

12 trap ek in my leed

13 Papegaai-bont eggo

14 kierang kierang my

15 totdat ek bedroë

16 weer die koggel kry

17 Eggo is geen antwoord

18 antwoord hy alom

19 bitterbessie dagbreek

20 bitterbessie son

'n Papegaai uiter gewoonlik herhaaldelik nuttelose woorde. Hier word die 'n papegaai se nuttelose woorde vergelyk met die woorde van die geliefde. Die woorde (leuns) word herhaaldelik geuiter en is dus 'n "eggo" (r. 13). Die woorde/leuns bly dieselfde. Daar is geen egtheid aan sy woorde nie.

"Papegaai-bont"

Bont beteken verkleurig. 'n Papegaai is veelkleurig en hier word hierdie bontheid vergelyk met die geliefde se optrede. Dit dui op sy ontrouheid aan haar.

Kierang beteken letterlik kullery (foppery).

Die woord "kierang" word twee keer gebruik en dit beklemtoon die rede vir die verbrokkeling van die verhouding.

Die woorde "bedroë" (r. 15), "kierang" (r. 14) en "koggel (r. 16) verwys almal na die onegtheid van die geliefde.

"Eggo" word weer gebruik om die onegtheid te beklemtoon.

Die effek van die eggo word verkry deur die repetisie van die woord "antwoord". Sy het steeds geen antwoord gekry nie.

Hierdie slotstrofe is die gevolgtrekking wat sy gemaak het. Die repetisie van "antwoord" kan ook suggereer dat sy 'n antwoord op haar vrae gekry het.

Die gevolgetrekking: Die verhouding kan nie gered of herstel word nie.

Versreëls 1 en 2 word herhaal in strofe 5.

Hierdie kan ook as 'n eggo gesien word.

'n Eggo van haar gevoelens.

Die gedig begin en sluit af met 'n paradoks en hierdie kan suggereer dat alhoewel sy 'n antwoord gekry het, haar hart steeds deurmekaar is.

Ingrid Jonker

Die gedig:

Bitterbessie dagbreek

Ingrid Jonker

“Bitterbessie Dagbreek” uit Jonker se tweede bundel, Rook en Oker (1963), ondersoek tematies die liefdesverhouding, en die verbrokkeling daarvan.

Ingrid Jonker (1933–1965) was ‘n Afrikaanse skryfster en digteres. Net drie van haar digbundels is gepubliseer: Ontvlugting (1956), Rook en oker (1963), en Kantelson (1966).

Ingrid begin haar laerskoolopleiding aan die Laerskool Die Strand. In Julie 1945 trek die gesin na Plumstead en Ingrid sit haar skoolopleiding in Engels voort aan die Wynberg Girls High School.

In die jare nadat sy haar skoolloopbaan voltooi het, kom sy in kontak met verskeie bekende digter. Andre P. Brink en Breyten Breytenbach was twee van hierdie digters. Ingrid en Andre P. Brink het verskeie male in verhouding getree, maar uiteindelik het die verhouding nooit gehou nie.

Ingrid het baie verwerping beleef in haar leeftyd en dit is een van die redes waarom mense dink sy op die ou einde haar eie lewe geneem het. Op Maandagoggend 19 Julie 1965 word haar lyk in die see by Drieankerbaai in Kaapstad gevind, nadat sy vermoedelik in die loop van die nag selfdood is deur doelbewus te verdrink. Sy was 32 jaar oud.

Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi