PARONIEME
WAT OP DEES AARDE IS DIT ????
Eerstens moet ons weet wat is
AFLEIDINGS
AFLEIDINGS is nuwe woorde wat geskep word
wanneer voorvoegsels en agtervoegsels
by die stamwoord gevoeg word.
Dit kan of net
voorvoegsels wees of net agtervoegsels, of albei wees wat bygevoeg word.
PYN
+
-LIK
PYNLIK
GE
+
VUL
GEVUL
Wanneer twee stamwoorde dieselfde is,
maar met verskillende voorvoegsels
en agtervoegsels, noem ons dit
PARONIEME
OF
Wanneer twee afleidings dus dieselfde
stamwoorde het, maar verskillende
voor- of agtervoegsels het, en ook verskillende betekenisse het, noem ons dit
PARONIEME
bv.
pyn + lik = pynlik
pyn + loos = pynloos
pynlik en pynloos is dus
PARONIEME VAN MEKAAR