Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading…
Transcript

Die Stormloop

vir Afrika

Hoe het Afrika gelyk voor kolonialisering?

Afrika voor kolonialisering

Definisies

Kolonialisering

  • Kolonie: 'n land/gebied wat deur 'n ander land besit en regeer word
  • Imperialisme: die begeerte om jou grondgebied en mag uit te brei deur ander lande/gebiede oor te neem
  • Kolonialisme: die oorname van een land/gebied deur 'n ander land wat dit dan regeer
  • Koloniale mag: 'n land wat ander lande kan oorneem
  • Voorbeelde van koloniale magte: Brittanje, Frankryk, Duitsland, Portugal, Spanje, België, Nederland
  • Voorbeelde van kolonies: Afrika-lande, Australië, Kanada, Nieu-Zeeland, Noord- en Suid-Amerika, China, Indië, Suid-Oos Asië

Afrika

  • 'n Paar Afrika-gebiede was al gekolonialiseer, bv. Kaap Kolonie
  • Meeste gebiede was nie
  • Voor 1800 het Afrika uit duisende etniese groepe met eie tradisies, godsdienste en kulture bestaan.
  • In 1450 het die eerste Europese handelaars na Afrika gereis.
  • Handel is hoofsaaklik langs die kus gedryf.
  • Vir 400 jaar was vernaamste handelsartikels slawe, huishoudelike goedere, plaasimplimente en materiaal.

Afrika

Die Berlynse Konferensie: die opdeel van Afrika

Die Berlynse Konferensie

Waarom het Europa Afrika gekolonialiseer?

Waarom Afrika?

  • Europa het die Industriële Revolusie beleef
  • Industriële Rewolusie en ‘n bevolkingstoename in Europa het die behoefte aan grondstowwe verhoog.
  • Afrika was voorheen 'n gevaarlike plek bekend as "Donker Afrika".
  • Talle ontdekkingsreisigers het gesterf op reise deur Afrika-gebiede
  • Ontdekking van kinien (om malaria te behandel) het kolonialisering moontlik gemaak. Dit was nou veiliger.

Redes vir die kolonialisering van Afrika

Redes:

  • Hawens nodig om handelsroetes te beskerm.
  • Om nuwe grondstowwe te bekom en te vermeerder.
  • Om markte vir vervaardigde goedere te wen.
  • Om eie bevolkings te hervestig.
  • Verspreiding van Christendom.
  • Nasietrots en status te verhoog.
  • Militêre en vlootbasisse te vestig.
  • Plaaslike bevolkings as soldate te huur.
  • CCC: Culture, Christianity, Civilisation
  • "The White Man's Burden"

Die Berlynse Konferensie

Die Konferensie

  • In die 1880’s het die Europese lande ‘n Industriële Rewolusie beleef- moes kolonies kry om grondstowwe te bekom.
  • Die wedstryd om kolonies in Afrika te bekom, begin toe
  • Stormloop vir Arika = wedloop vir kolonies.
  • Voor 1884 het sekere Europese lande al groot dele van Afrika al opgeëis.
  • Hierdie wedloop het spanning tussen die Europese lande veroorsaak
  • Duitse kansalier, Otto von Bismarck, het ‘n internasionale konferensie in Berlyn gehou – dit het riglyne vir die oorname van Afrika gebiede opgestel.
  • Hy het so gepoog om die spanning te verlig en oorlog te vermy

Welkom by die Berlynse konferensie

Welkom

November 1884

Aangebied deur Duitsland se kanselier

Otto von Bismarck

Lande verteenwoordig hier:

Wie is hier?

  • Brittanje
  • Frankryk
  • Spanje
  • Nederland
  • België
  • Italië
  • Portugal
  • Duitsland
  • Amerika

Hoe dit gaan werk:

Hoe gaan dit werk?

  • Elke groep verteenwoordig ‘n land, julle onderwyser verteenwoordig Amerika
  • Duitsland is die gasheer van hierdie geleentheid
  • Daar sal drie rondtes van vergaderinge gehou word
  • Na elke rondte moet elke land ‘n vorm voltooi waar hulle heerskappy van lande binne Afrika eis
  • ‘n Onvolledige vorm sal nie oorweeg word nie
  • Duitsland sal na elke rondte besluit watter lande aan wie toegeken sal word na aanleiding van julle motivering
  • Wanneer die land(e) aan julle toegeken is, kan julle die land op die kaart gaan inkleur om dit amptelik te besit
  • Elke land het ‘n persoonlike inligtingstuk ontvang: dit moet julle besluite tydens die konferensie bepaal

Die doel van die konferensie

Ons doel?

Om Afrika tussen ons op te verdeel:

1) Julle weet watter lande in Afrika julle besit

2) Julle weet in watter lande julle belangstel

3) Jy moet nou navorsing doen oor hierdie lande; fokus op die hulpbronne

4) Wanneer julle bepaal het watter lande julle wil eis, voltooi die vorm en gee dit in vir Duitsland

Die fokus: om oorlog te vermy!

Na afloop van die konferensie:

Die einde van die konferensie

  • Die Berlynse Konferensie het die wedloop om Afrika geformaliseer.
  • Afrika is vinnig na hierdie konferensie opgedeel.
  • Europese lande wou soveel as moontlik nuwe grondgebiede besit.
  • Reëls van Berlynse Konferensie is geïgnoreer – baie wedywering en spanning tussen Europese lande veroorsaak en een van die oorsake van die 1ste WO.
  • Teen 1885 was daar net twee onafhanklike state in die hele Afrika oor.

Afrika na die tyd

Hoe het Europa Afrika so vinnig en maklik gekolonialiseer?

  • Beter wapens gehad.
  • Afrikane was nie verenig in hulle weerstand nie.
  • Sommige hoofmanne het die beloftes geglo indien hulle met Europa sou handel dryf of toelaat om te myn.
  • Sendelinge, wat Christendom versprei het, het hulle oortuig dit is 'n sonde om terug te baklei
  • https://www.youtube.com/watch?v=_WBEmEhseoU

Hoekom so vinnig en maklik?

Wat was die gevolge vir Afrika?

Afrika na kolonialisering

Gevolge vir Afrika

Gevolge

  • Afrika is in afsonderlike lande verdeel.
  • Verskillende stamgroepe of nasies is in een politiese gebied saamgevoeg – bittere konflik veroorsaak.
  • Grondstowwe is geplunder en winste is deur koloniale magte geneem.
  • Armoede het ontstaan.
  • MAAR ook voordele soos nuwe paaie, spoorweë, brue en hawens.
  • Groei van dorpe en stede het mense toegelaat om hierheen te trek – DUS bande met hulle tradisionele kulture verbreek.
  • Etniese groepe is dikwels in die helfte geskeur wanneer grense bepaal was.
  • Nasionalistiese gees het ontwikkel wat tot die groei van vryheidsorganisasies gelei het wat die koloniale magte uitgedaag het.
  • Die Afrika-bevolking het nie geleer om self te onwikkel agv grondonteiening nie.
  • Ook geen voordeel getrek uit die onginning van minerale en grondstowwe nie – gelei tot ongelyke verdeling van rykdom.

Die Kongo: 'n gevallestudie

Belgiese Kongo

Na die Berlynse Konferensie...

  • Is die Kongo aan Koning Leopold van België toegeken
  • Hy het dit die Kongo Vrystaat gedoop
  • Dit was sy persoonlike besitting vanaf 1885 tot 1908
  • MAW die Belgiese regering het geen beheer oor die kolonie gehad nie, net die koning
  • In 1908 het die Belgiese regering die Kongo van Leoplod weg geneem en dit die Belgiese Kongo hernoem

'n Persoonlike besitting

Waarom die Kongo?

  • Die Kongo het verskeie hulpbronne
  • Ivoor, rubber, kosbare minerale
  • dit maak die Kongo baie waardevol: Leopold kon groot winste maak deur handel te dryf met die hulpbronne
  • dele van die Kongo is teen die Kongorivier en bereikbaar per stoomskip
  • Spoorweë is gebou om die res van die Kongo te bereik en die hulpbronne uit te voer

Waarom die Kongo

Die Kongo onder Leopold se beheer

  • Atrocities in the Congo Free State
  • The hidden holocaust
  • Why King Leopold II Should Be Remembered Alongside Hitler
  • The forgotten Genocide-Belgian Congo

Leopold se beheer

Kenmerke van Leopold se beheer

Kenmerke

  • Geen wette of beperkinge wat die inheemse mense en hul grond beskerm het nie.
  • Kongolese is gedwing om te werk op die myne, rubber-plantasies, as houtkappers en spoorweg-bouers
  • Daar was geen beheer of organisering deur 'n regering nie
  • Europeërs was nie beperk op hoe hulle die Kongolese behandel nie.
  • Behandeling het ingesluit:

1. ontvoering om arbeiders te kry

2. Verminking as straf

3. diefstal

4. moord

  • Alles om arbeiders en hulpbronne te kry

Rubber

  • Daar was 'n groot aanvraag vir rubber in Europa
  • Om te voldoen aan die aanvraag moes Leopold arbeiders vir sy plantasies verseker
  • Hy vorm toe die Force Publique, bestaande uit Afrikane (gewoonlik van buite die Kongo) en Belgiese offisiere, om arbeiders te kry, opstande te onderdruk en die insameling van rubber en ivoor af te dwing
  • Elke dorp moes 'n sekere kwota rubber verskaf. Hierdie kwotas was buitensporig en meestal onbereikbaar
  • As die dorp nie voldoen het aan die kwota nie, is hulle wreed gestraf:

1. hande of voete is afgesny

2. mense is gyselaar gehou in ruil vir rubber

3. hele families is vermoor

  • Dit het natuurlik tot opstande gelei, maar dit is gewelddadig onderdruk

Foto's

Die Buitewêreld

vind uit

Die wêreld reageer

  • Leopold het dit vir lank weg gesteek deur almal te oortuig dat hy Afrika wil help
  • Hy het aangevoer dat hy "beskawing" na "Donker Afrika" gaan bring en het selfs vir donasies gevra (en dit gekry!) om sy Kongo te onderhou
  • Hy het ook belowe om nie ander Europese lande belasting op rubber te laat betaal nie
  • In 1899 is die boek 'The Heart of Darkness' gepubliseer: die skrywer het gewerk vir 'n Britse maatskappy in die Kongo en alles eerstehands beleef
  • As gevolg van die boek word Roger Casement aangestel om verslag te lewer oor die toestande in die Kongo
  • Sy verslag bevat 'n gedetaileerde beskrywing van die misdade wat in die Kongo gepleeg is en skat ook dat, vanaf 1885, die Kongolese populasie gehalfeer is
  • Dit word die grootste internasionale skandaal van die tyd
  • Leopold belowe hy sal die Kongo hervorm, maar het alle ondersteuning verloor
  • België vat die Kongo weg van sy koning in 1908 tot 1960
  • https://www.youtube.com/watch?v=43xTvpxWLW4
  • https://www.youtube.com/watch?v=4uArRzwKHvE&has_verified=1

Die Suid-Afrikaanse

Oorlog

1899-1902

Die Suid-Afrikaanse Oorlog

Feite oor die oorlog

  • Ons noem dit nie meer die Anglo-Boereoorlog nie
  • Anglo = Britte / Boere = Afrikaners
  • Verskeie lande en volke het aan die oorlog deelgeneem en die ou naam sluit hulle dus uit
  • Die oorlog was grootliks tussen die Zuid-Afrikaanse Republiek (ZAR/Transvaal) en die Oranje Vrystaat (OVS) teen die Britse Ryk
  • Dit was die 2de oorlog tussen hulle.
  • Die eerste oorlog, genoem die Vryheidsoorlog, was van Desember 1880 tot Maart 1881, nadat Brittanje in 1877 die ZAR oorgeneem het. In 1880 het die ZAR in opstand gekom en hul onafhanklikheid terug gewen.
  • Die SA Oorlog word daarom ook na verwys as die Tweede Vryheidsoorlog

Feite

Belangrike mense van die oorlog:

VS

Paul Kruger - president van die ZAR

General Lord Roberts - in beheer van die Britse weermag tydens die 1ste Fase van die oorlog

Belangrike mense

Martinus Steyn - president van die OVS

General Lord Kitchener - in beheer van die Britse weermag tydens die 2de Fase

Ander feite

  • Ongeveer 10 000 plase is afgebrand.
  • 8 000 blokhuise is gebou en 3 700 myl se draad is deur 50 000 Britse troepe beskerm.
  • Ongeveer 26 000 Boerevroue en -kinders is in konsentrasiekampe dood.
  • In totaal was daar 31 konsentrasiekampe.
  • 84 000 Boere was betrokke by die oorlog, (40 000 was betrokke aan die heel begin, waarvan 25 000 van die Transvaal en 15 000 van die Vrystaat gekom het).
  • 347 000 Britse soldate (ongeveer 500 000 troepe het aan die einde van die oorlog teen die Boere geveg).
  • 9 093 Boere vegters het hulle lewens tydens die oorlog verloor.
  • Ongeveer 26 000 vroue en kinders het in Britse konsentrasiekampe gesterf.

Ander feite

Oorsake van die oorlog

  • Tussen 1899 en 1902 was daar ‘n oorlog in Suid-Afrika wat ‘n invloed op meer as ‘n halfmiljoen mense gehad het, soldate asook gewone burgers.
  • Dit is veroorsaak deur die konflik wat tussen President Paul Kruger en veral die Uitlanders in die Transvaal geheers het.
  • Die Uitlanders was buitelanders wat na die ZAR gegaan het opsoek na rykdom op die myne.
  • Die Uitlanders het gevoel hulle het nie dieselfde regte as Afrikaners in die Transvaal gehad nie en Brittanje het hierdie situasie uitgebuit, bv hulle kon eers burgerskap kry na 14 jaar in die ZAR.
  • Sonder burgerskap kan jy nie stem nie.
  • Cecil John Rhodes, leier van die Kaap-kolonie, het dit ook vir President Kruger moeilik gemaak.
  • Hy wou ‘n Suid-Afrika onder volle Britse beheer sien want dit sou vir Brittanje beheer oor die goudmyne en ander rykdom van die twee Boererepublieke gee.

Die ontdekking van minerale

  • Soos genoem was daar al 'n Vryheidsoorlog nadat Brittanje die ZAR in oorgeneem het om toegang tot vandag se Botswana (toe Tswanaland) te kry. Die ZAR het in opstand gekom en weer hul vryheid terug gewen.
  • Die ontdekking van goud in Transvaal het veroorsaak dat die Britte WEER hul visier op Suid-Afrika gerig het.
  • In 1896 - tydens Nuwejaar - het die Jameson-inval plaasgevind waardeur die Uitlanders ‘n opstand in Johannesburg sou begin – gelei deur Dr. Jameson en Rhodes.
  • Dit het egter misluk.
  • Op 9 Oktober 1899 het die Transvaalse regering ‘n ultimatum aan Brittanje gestel om sy troepe te onttrek.
  • Brittanje het dit geïgnoreer, waarna die Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 uitgebreek het.
  • Hierdie oorlog het in twee fases plaasgevind.

Leander Starr Jameson

Verloop van die oorlog

  • Fase 1: Konvensionele oorlog
  • Fase 2: Guerilla-oorlog

Verloop van die oorlog

Fase 1:

  • Eerste paar maande - Boere die oorhand gehad.
  • Met die uitbreek van die oorlog het die Boere vinnig drie dorpies waar Britse troepe gestasioneer was, suksesvol omsingel: Kimberley, Mafikeng en Ladysmith en die Britte daar verslaan.
  • Na die “Swart Week” waarin meer as 3 000 Britse troepe gesneuwel het, is groot getalle troepe na Suid-Afrika gestuur om in die oorlog te help.
  • Dit het die oorlog geleidelik omgeswaai.
  • Teen middel 1900 is die twee Boererepublieke se hoofstede geannekseer en Brittanje het gedink die oorlog is verby.
  • Volgens konvensionele oorlog wen jy as jy die vyand se hoofstad oorneem.

Fase 1 van die oorlog

Fase 2:

  • Die Boererepublieke het nie die reëls gevolg nie, maar eerder hul taktiek verander.
  • Die Boererepublieke het hul vegstyl na guerrilla-oorlogvoering verander.
  • Hulle het in klein, mobiele groepies, te perd geveg.
  • Groepies bekend as kommando’s.
  • Hulle het die tref-en-trap taktiek gebruik waarvolgens hulle Britse voorraadtreine aangeval het, spoorlyne opgeblaas het en verrassingsaanvalle op Britse troepe en voorrade uitgevoer het.
  • Hierdie metodes was so geslaagd dat lord Kitchener ‘n “verskroeide-aarde-beleid” begin gebruik het.

Fase 2 van die oorlog

Die Verskroeide Aarde-beleid

  • Hierdie guerilla-eenhede kon staat maak op 'n vaste bron van ondersteuning: hul plase
  • Die Verskroeide Aarde-beleid het behels dat Britse troepe die plase afbrand, alle vee op die plase vernietig en die vroue, kinders en plaaswerkers na konsentrasiekampe stuur

Verskroeide Aarde-beleid

Einde van die Oorlog

Einde van die oorlog

  • Teen 1902 het die gevolge van die Verskroeide Aarde-beleid en konsentrasiekampe 'n groot impak gehad
  • 3 groepe het ontstaan:

1. Hensoppers: Boeresoldate wat oorgegee het

2. Joiners: Boeresoldate wat by die Britte aangesluit het

3. Bittereinders: Boeresoldate wat tot aan die einde, onder leiding van de la Rey, geveg het

LW Hensoppers en Joiners se families in die kampe is baie beter bahandel as Bittereinders.

  • In Mei 1902 het die laaste Boeresoldate oorgegee en die Verdrag van Vereniging is op 31 Mei 1902 geteken.
  • Beide die OVS en ZAR was nou onder Britse beheer.
  • Teen 1910 is die twee lande saamgevoeg by die Kaap en Natal om die Unie van Suid-Afrika te stig
  • https://www.youtube.com/watch?v=tFxCfxF_iV4
  • https://www.youtube.com/watch?v=nphWLBjckJI
Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi