Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading…
Transcript

FOTOSINTESE

Fotosintese

  • Eksosisteem- Netwerk van interaksie tussen organismes en tussen organismes en hul omgewing.
  • Interaksie en afhanklikheid is die behoefte aan energie om te lewe.
  • Alle organismes het energie nodig om te oorleef.
  • Voedsel bevat gestoorde/ gebergde energie.
  • Plante en diere kry energie vanaf kos.
  • Diere eet plante en ander diere as kos.

Fotosintese

Hoe produseer plante hul eie voedsel?

  • Plante produseer eie voedsel omdat blare optree as voedselfabriek.
  • Foto-lig
  • Sintese- om te maak/ saam te stel.

Voedsel

Proses benodighede

  • Vind plaas in groen blare van plant.

  • Sonlig- stralings/ ligenergie.
  • Chlorofil- groen pigment/ stof in plantselle wat energie van die son vasvang.
  • Koolstofdioksied/ koolsuurgas/ CO2 uit die lug geabsorbeer deur stomata/ klein openinge op oppervlak van blaar.
  • Water/ H2O uit die grond word deur wortels en stam geabsorbeer.

Proses

Proses van fotosintese

  • Fotosintese begin as ligenergie van son die groen dele binne gaan.
  • Son is die belangrikste bron van energie in vorm van lig en hitte.
  • Chlorofil absorbeer die ligenergie en word gebruik om CO2 met H2O te verbind.
  • Voedselmolekules soos glukose/ suiker word gevorm.
  • Party word gestoor en ander word gebruik.
  • Suurstof/ O2 vorm as byproduk in gasvorm in die lug/ atmosfeer.
  • Die proses waar plante koolsuurgas uit die lug en water uit die grond en energie van die son gebruik om glukose te produseer.

FOTO

Vergelyking van fotosintese

Produkte van fotosintese

  • Glukose/ suikermolekuul- hoofproduk.
  • Bron van energie vir alee lewende org.
  • Suustof/ O2 word in lug vrygestel en is belangrik vir oorlewing.

Produkte

Belangrikheid van fotosintese

  • Plante maak eie voedsel.
  • Suurstof is belangrik vir respirasie vir diere en plante.
  • Verwyder koolsuurgas uit die lug.

Plante verander glukose in stysel

  • Glukose is 'n suiker en die eenvoudigste vorm van kos.
  • Plante verander glukose in stysel, sellulose en ander verbindings.
  • Stysel is die chemiese verbinding waarin plante energie stoor.
  • Baie glukosemolekules verbind om 'n styselmol te vorm.
  • Sellulose is deel van die selwande van plante.
  • Sellulose gee struktuur en ondersteuning aan plante- bv. bome wat hoog groei.
  • Hout en katoen bevat sellulose.

Hoe om 'n wetenskaplike verslag te skryf:

Wetenskaplike verslag

  • Doel- wat gaan gedoen word in die eksperiment.
  • Hipotese- stelling/ verduidelikking/ idee wat getoets word.
  • Metode- stap vir stap wat gedoen gaan word.
  • Resultate- uitslag, wat het gebeur/ wat sien/hoor jy.
  • Gevolgtrekking/ bespreking- wat het presies gebeur en hoekom.
  • Verduidelik die redes vir die resultate.

Prakties- Styseltoets bladsy 4 en 5

  • Toets rys, sout, suiker en aartappel vir stysel.
  • Jodium (I) word gebruik vir die toets.
  • Posetief- kleur bou swart
  • Negatief- kleur oranje bruin.
  • Dus rys en aartappel bevat stysel en kleur blou swart.
  • Suiker en sout kleur oranje bruin en bevat dus nie stysel nie.
  • Soos vrugte ryp word neem die hoeveelheid stysel af- 'n ryp piesang sal nie blou swart kleur nie, maar 'n groen piesang sal.

Prakties Ondersoek bladsy 4

Toets blare vir stysel

  • Kook 'n sagte blaar vir 5 min om sag te maak en selle te skeur, haal blaar uit met 'n tangetjie en sit in proefbuis.
  • Gooi alkohol (ethanol) in en sit terug in beker met kookwater.
  • Alkohol verwyder die chlorofil.
  • Haal blaar uit en spoel af.
  • Sprei oop in petri bakkie.
  • Gebruik 'n drupper en drup 'n paar druppels Jodium (I) op blaar.
  • Kyk na die kleursverandering.

Vrae

Doen die vrae op bladsy 5 en 6

Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi