Impak van geweld op individuele en samelewingsgesondheid en veiligheid en alternatiewe oplossings vir geweld
Graad 9
Individuele- en samelewingsgesondheid
Individuele en samelewings-gesondheid
Mense wat aan geweld blootgestel is, kan die volgende simptome toon:
- woede
- angstigheid en depressie
- aandagprobleme
- lompheid
- eetstoornisse
- gebrek aan vriendskapsverhoudings
- wegloop
- probleme op skool
- selfverminking
- slaapprobleme
- spraakprobleme
- middelmisbruik
Probleemoplopssings-vaardighede
Probleemoplossings-vaardighede
Wanneer jy jouself in 'n situasie bevind wat geweldadig kan raak kan die volgende vaardighede toegepas word:
- Stop die aksie, veral as iemand moontlik seer kan kry.
- Luister na mekaar
- Sê wat die probleem is
- Dink aan verskillende maniere om die probleem op te los
- Kies 'n plan wat almal baat en wat aan almal se behoeftes voldoen.
- Voer die plan uit.
- Evalueer hoe goed die plan gewerk het.
Konflikbestuur
Volg die volgende wenke om konflik sonder geweld op te los:
- Toon respek vir die ander persoon.
- Kommunikeer kalm en duidelik op 'n bedaarde manier.
- Wys aan die persoon dat jy luister.
- Wees geduldig.
- Toon simpatie en begrip vir die persoon se gevoelens.
- Fokus op en noem positiewe punte.
- Moenie onbeleefde woorde en handelinge gebruik nie.
- Leer hoe om verskoning te vra.
- Wees bereid om te vergewe en vergeet.
- As niks wil werk nie en die situasie vererger... Gee pad.
Hoe om geweldadige optredes te vermy:
- Vermy om na geweldadige. televisieprogramme te kyk.
- Raak deel van 'n sport- of sosiale groep.
- Wees verdraagsaam.
- Bly weg van alkohol en dwelms.
- Speel minder geweldadige videospeletjies.
- Moenie met wapens, soos gewere, speel nie.
Programme wat geweld in gemeenskappe aanpak:
Programme
Programme om die probleem van geweld in gemeenskappe aan te pak:
- Kriminele Regsprogramme.
- Program vir geslagsgebaseerde geweld.
- Die Vredebouprogram.
- Die program vir trauma en oorgang.
- Voorkomingsprogram vir jeuggeweld.
Aktiwiteit:
Aktiwiteit
Voltooi Aktiwiteit 3.1 nommer 1-3 op bladsy 155 in jou skryfboek.