Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading content…
Loading…
Transcript

Vulkane:

Geografie Graad 10

Impak van Vulkane

Kom ons begin hier:

Impak van vulkane op mense en omgewing

Positiewe gevolge na 'n vulkaniese uitbarsing:

Positiewe gevolge:

  • Vulkaniese as kan as bemesting vir die grond dien, lawa verweer tot vrugbare grond

  • Warmwaterbronne en geisers wat met vulkaniese aktiwiteit verband hou, kan toeriste aantreklikhede word. Hawaii.

  • Ondergrondse water in streke soos Ysland en Nieu-Seeland is warm genoeg om vir verhittingstelsels en kragopwekking te gebruik.

  • Skepping van meer grond- stolling van magma op die oppervlak, bv Eilande van Hawaii en Mauritius.

  • Emissies van gasse uit vulkaniese aktiwiteit kan in nywerhede gebruik word, selfs die as kan verwerk word tot boumateriaal vir konstruksie.

  • Bring kosbare minerale nader aan die oppervlak, bv. Kimberlite-vents bevat diamante.

  • Vulkaniese kraters en Kaldeiras kan gebruik word om water te stoor.

Negatiewe Gevolge van Vulkaniese uitbarsings:

Negatiewe gevolge

  • Lawastroom brand en begrawe plantegroei en geboue

  • As kan geboue bedek en plantegroei versmoor.

  • Mense kan siek word as hulle vulkaniese as en giftige gasse inasem

  • Mense kan deur as of vulkaniese bomme beseer of gedood word.

  • Aardbewings wat met vulkaniese aktiwiteit verband hou kan modderstortings veroorsaak.

  • Nie geskik vir nedersetting nie. Groot gebiede grond bly ongebruik weens verwagte ontploffings.

  • Ontruiming van mense is duur, tydrowend en ongemaklik

Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi