Introducing
Your new presentation assistant.
Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.
Trending searches
Soos reeds genoem, word die Japenese perdeby as uiters gevaarlik beskou. Daar word jaarliks tot so baie as 40 sterftes en 1600 besering aangemeld as gevolg van hierdie perdeby se aanvalle. Een van die chemikalië in hulle gif bevat 'n middel wat spierweefsel afbreek. Hier is 'n paar voorbeelde van mense wie deur hierdie perdebye aangeval is.
Reuse Japanese perdebye se natuurlike prooi is gewone bye. Die perdebye sal bye se koppe, pote en vlerke afbyt en dan die lyf gedeeltes na hulle nesse neem om aan hulle larwes te voer. Navorsing het bewys dat een perdeby tot 40 bye per minuut kan doodbyt. Dit beteken dat 20 perdebye 'n totale byekorf van ongeveer 30000 bye binne 3 ure kan uitwis.
Die Britse entomoloog (insek-kundige) Frederick Smith het die reuse Japanese perdeby in 1852 ontdek. Hierdie perdebye is geklasifiseer as grootste en gevaarlikste perdeby in die hele wêreld. Alhoewel hierdie perdebye se natuurlike habital in bergagtige dele is, kom hulle huidiglik in alle dele van Oos-Asië voor. Dit word toegeskryf aan die feit dat meer en meer van hulle natuurlike habitat vernietig word.
Reuse Japenese perdebye het helder geel koppe, baie groot oë en wissel van tussen 2.7 en 4.5 cm in grootte. Hulle het 'n gemiddelde vlerkspan van ongeveer 7 cm. Die koningin perdeby is normaalweg tussen 5 en 5.5 cm lank.
https://en.wikipedia.org/wiki/Japanese_giant_hornet
http://www.vespa-crabro.com/vespa-mandarinia.htm
http://www.cracked.com/article_15816_the-5-most-horrifying-bugs-in-world.html