Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading…
Transcript

Biosfeer tot ekosisteme

DIE BIOSFEER

BIOSFEER

Die gedeelte van die aarde waar lewende organismes voorkom.

Bestaan uit:

  • Atmosfeer
  • Litosfeer
  • Hidrosfeer

Vervolg

Atmosfeer

  • Die luglaag wat die aarde omring en bestaan uit 'n mengsel van verskeie gasse.
  • Bevat koolstofdioksied en suurstof nodig vir fotosintese en respirasie.

Litosfeer

  • Grond en rotse wat die buistente laag van die aarde uitmaak.

Hidrosfeer

  • Sluit alle water op die aardoppervlak in: oseane, riviere, mere, waterdamp.
  • Water bedek ongeveer 75% van die aarde se oppervlak.

BIOME

https://www.youtube.com/watch?v=hIy0ZlyPPDg

BIOME

  • Verskillende streke op aarde het verskillende klimaatstoestande wat lei tot verskillende tipes plantegroei en diere wat spesifiek aangepas is om daar te oorleef.

  • 'n Bioom is enige streek met 'n bepaalde klimaat en al die lewende organismes wat in die streek voorkom.
  • 'n Bioom kry sy naam van die dominante plantegroei wat in die streek voorkom.

Twee hoofbiome word onderskei tussen:

  • Terrestriële (land)
  • Akwatiese (water)

7 Terrestriële biome in Suid-Afrika

Biome in Suid-Afrika

  • Savanne
  • Grasveld
  • Nama-Karoo
  • Sukkulente-Karoo
  • Fynbos
  • Woude
  • Ruigteveld

Suider-Afrika (SA se buurlande) sluit nog 'n bioom - woestynbioom - in.

Kahoot: https://create.kahoot.it/details/6abedac3-f268-4268-9e91-e4044a5568f8

Savanne

Savanne

  • Grooste bioom in SA (34,3%) van die land se oppervlakte.
  • Dit strek vanaf die Kalahari in die noordweste tot by die Laeveld in die noordooste en suidwaarts in die laagliggende gebiede van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap.
  • 'n Gedeelte van die bioom staan bekend as die bosveld.

Klimaat

  • Warm, nat somers.
  • Koue, droeë winters.

Grondsoort

Klimaat & grondsoort

  • Sanderig, arm aan voedingstowwe.

Plantegroei

  • Hoofsaaklik grasse (rooigras) en bome (baobab, mopanie, kameeldoring, apiesdoring, knoppiesdoring.
  • Gereelde veldbrande voorkom dat bome oorheers en help met ontkieming van saad.

Plantegroei & dierelewe

Dierelewe

  • Wilde diere - die groot vyf wat die leeu, olifant, luiperd, renoster en buffel insluit.

Grasveld

  • Bedek die hoë sentrale plato van Suid-Afrika, binneland van KwaZulu-Natal en die bergagtige gebiede van die Oos-Kaap.

Grasveld

Klimaat

  • Warm somers, hoë reënval (donderstorms).
  • Koue winters met swaar ryp.

Grondsoort

Klimaat & grondsoort

  • Grond is sanderig,
  • Uitloging van voedingstowwe vind gedurende reënseisoen plaas wat die grond suur maak.

Plantegroei

Plantegroei

  • Hoofsaaklik grasse, min bome.
  • Soetgrasse, wat hoë voedingswaarde het, en as voedselbron vir diere dien, groei in meer vrugbare grond (minder suur grond).
  • Suurgrasse groei in onvrugbare grond - suur grond wat min voedingswaarde het.
  • Brande kom jaarliks voor, dus min houtagtige bome.
  • Grasse is aangepas om brande te oorleef.

Dierelewe

  • In die verlede het groot troppe swartwildebees , blesbok en eland in die grasvelde voorgekom, maar deesdae oorleef hierdie diere slegs in natuurreservate en op wildsplase.
  • 'n Ryk voëllewe kom in gebied voor, veral saadvreters, bv. swart korhaan, bloukraanvoël en tarentaal.

Dierelewe

Nama-Karoo

Nama-karoo

  • Strek oor die wye sentrale plato van die westelike deel van Suid-Afrika.

Klimaat

  • Baie warm somers en koue winters, gereelde ryp kom voor.
  • Halfwoestyn wat min reën ontvang.

Klimaat & grondsoort

Grondsoort

  • Ryk aan kalk en vorm 'n dun lagie oor rotse.

Plantegroei

  • Meeste plante is grasse en klein struike, bv. bitterbos, soetdoring en blou Karoo gousblomme.

Dierelewe

Plantegroei & dierelewe

  • Bekend vir skaap- en bokboerdery aangesien plante goeie weiding bied.
  • Ander - bakoorjakkalse, volstruise, springhase, skilpaaie en oewerkonyn.
  • Oewerkonyn is endemies in hierdie gebied.
  • Endemies?

Sukkulente-Karoo

Hierdie bioom strek oor die droë westelike deel van Suid-Afrika, wat Namakwaland en die Richtersveld insluit.

Sukkulente-Karoo

Klimaat

  • Baie warm, droë somers & koue winters.
  • Winterreënval is baie laag.

Grondsoort

Klimaat & grondsoort

  • Grond is ryk aan kalk en vorm 'n dun lagie oor rotse.

Plantegroei

Plantegroei

  • Plante is aangepas vir uiterste droë somers.
  • Plante is hoofsaaklik dwergagtige sukkulente (vetplante), met dik vlesige blare wat water stoor.
  • Bv. klein vygies, steenplante, klipblomme en kokerbome.
  • In die lente is hierdie gebied oortrek met blomme, wat jaarliks toeriste na die gebied lok.
  • In hierdie bioom kom die grootste sukkulente ter wêreld voor.

Dierelewe

  • Baie diere - nagdiere, kruip bedags weg om die warm & droë toestande te ontduik.
  • Bakoorjakkals, meerkat en grondgeitjie.

Dierelewe

Fynbos

Fynbos kom uitsluitlik in die suidelike gedeeltes van die Wes-Kaap voor.

Fynbos

Klimaat

  • Koel, nat winters(wintereënvalstreek).

Grondsoort

Klimaat & grondsoort

  • Sanderig, suur & nie baie vrugbaar a.g.v. uitloging van voedingstowwe.

Plantegroei

Plantegroei

  • Immergroen struike met harde blare, bv. proteas, erikas, riete.
  • Min bome en grasse kom voor.
  • Besit ongeveer 8 600 blomplantsesies en is een van rykste blommestreke in wêreld.
  • Ongeveer 68% van plantspesies is endemies.

Endemies? Eksklusief inheems aan 'n plek.

  • Vuur is belangrike faktor vir ontkieming van saad.

Dierelewe

Dierelewe

  • Groot verskeidenheid diere: grysbok, steenbok, bontebok, geometriese skilpad, ystervark, luiperd, Kaapse bobbejaan.
  • Groot verskeidenheid voëlspesies (nektar- en saadvretende voëls).

Woude

Woude

Bioom is die kleinste, bedek slegs 0,1% van SA se oppervlakte.

Grootste & bekendste woude in SA is Knysna- en Tsitsikammawoude in SA.

Ander woude is kleiner en meer geisoleerd en sluit duinwoude in KwaZulu-Natal en bergwoude in die Drakensberg in.

Klimaat

  • Hoë reënval en geen ryp.

Klimaat & grondsoort

Grondsoort

  • Grond is vrugbaar, met 'n dik humuslaag.

Plantegroei

  • Bestaan uit bome wat 'n geslote blaredak vorm, met verskei strata (lae) plantegroei onder die blaredak.
  • Woudplantegroei sluit geelhout, stinkhout, ysterhout, rankplante, epifiete, mosse en varings in.

Epifiete: Nie-paraditiese plante wat vir meganiese steun op takke van bome groei, bv. orgideë.

Plantegroei & dierelewe

Dierelewe

  • Bosvarke, bosbokke, apies, Knysna-loeries, duiwe en arende.

Ruigteveld

Bioom strek vanaf die weskus van Suid-Afrika tot by KwaZulu-Natal, met die grootste gedeelte wat in die Oos-Kaap geleë is.

Ruigteveld

Klimaat

  • Varieer, aangesien dit oor 'n wye streek voorkom.

Grondsoort

Klimaat & grondsoort

  • Grond is vlak en wissel van sanderige leem- tot sanderige kleigrond, wat ryk aan kalk is.

Plantegroei

  • Wissel van struikveld tot lae woude met immergroen en sukkulente bome en struike.
  • Baie van die plante het dorings.
  • Spekboom, Euphorbia, Kaapse kanferfoeilie en Plumbago.

Plantegroei & dierelewe

Dierelewe

  • Afrika-olifant, koedoe, blouaap en bosbok.

Ekosisteme

EKOSISTEME

  • Om te oorleef en voort te plant is lewende organismes voortdurend in interaksie met ander organismes en die omgewing waarin hul leef.
  • Omgewing: Somtotaal van biologiese, fisiese en chemiese toestande wat 'n organisme omring.
  • Gebied waar lewende (biotiese) komponente in interaksie met mekaar en met nie-lewende (abiotiese) komponente is.
  • Kan so groot soos 'n reuse reënwoud wees, of so klein soos 'n druppel water uit 'n visdam.

Vervolg

Ekologie: studie van verwantskappe en die interaksie tussen lewende organismes onderling en tussen die organismes en die natuurlike omgewing waarin hulle voorkom.

Twee hoofkomponente waaruit 'n ekosisteem bestaan:

  • Abiotiese (nie-lewende) komponent
  • Biotiese (lewende) komponent

Abiotiese(nie-lewende) komponent

Abiotiese

Abiotiese komponent sluit die volgende in:

  • Fisiografiese faktore
  • Edafiese (grond) faktore
  • Lig
  • Temperatuur
  • Water
  • Atmosferiese gasse
  • Wind

Lig, temperature, water, atmosferies gasse en wind staan gesamentlik bekend as klimaatsfaktore.

Fisiografiese faktore

Aspek (hellingsrigting/aangesig)

  • Aspek - verwys na posisie van gebied met betrekking tot die son.
  • Plantegroei op helling met noordaangesig verskil baie van die met suidaangesig.
  • In SA (suidelike halfrond) kry hellings met 'n noordaansig meer direkte sonbestraling as die wat suid front.
  • Hellings wat noord front is dus warmer en droër en plante wat voorkom, floreer in skep lig.
  • Hellings wat suid front is koeler en natter, waar skaduplante floreer bv. varings.

Fisiografiese faktore

Helling

  • Berg se helling bepaal die tempo van afloop van water.
  • Steil helling se waterafloop is vinniger en gronderosie kom meer geredelik voor as by geleidelike helling.
  • Grond teen steil helling is vlak en onvrugbaar.
  • Min plant- en dierspesies kom voor.
  • Gebiede hoog bo seevlak bv. bergspitse het ekstreme klimaatstoestande soos sterk wind en selfs sneeu.
  • Plante en diere wat hoog bo seevlaak voorkom, verskil van die nader aan seevlak.

Hoogte bo seevlak

Edafiese (grond) faktore

Edafiese (grond) faktore

Grondtipes/grondtekstuur

  • Drie tipes grond: klei-, leem- en sandgrond.
  • Klei bestaan uit klein gronddeeltjies en leem uit effens groter deeltjies, sand growwer en groter deeltjies.
  • Sommige spasies tussen gronddeeltjies is met water gevul. In ander spasies lug, wat belangrik is vir oorlewing van grond organismes.
  • Sandgrond se spasies groter as kleigrond se spasies.
  • Sandgrond beter deurlug as kleigrond.

Grondlug

  • Sandgrond het 'n lae waterhouvermoë a.g.v. die spasies.
  • Water syfer dus vinnig deur sandgrond en waardevolle voedingstowwe word saamgevoer.
  • Dit staan bekend as uitloging.
  • Kleigrond het klein spasies en het 'n hoë waterhouvermoë.
  • Kleigrond se dreinering is swak, wortels kan maklik verrot.
  • Leemgrond die geskikste vir plante om te groei.
  • Medium waterhouvermoë, goed deurlug, bevat genoeg voedingstowwe.

Waterhouvermoë

Humusinhoud

  • Humus - verrotte plant- en dieremateriaal.
  • Verhoog grondvrugbaarheid en waterhouvermoë van grond.
  • Grond met hoë humusinhoud - donker van kleur.

pH

  • Sommige plante (azaleas en proteas) groei beter in suur grond (lae pH).
  • Sukkulente plante groei beter in alkaliese grond (hoë pH).
  • Meeste plante groei goed in neutrale grond (pH 7).
  • In hoë reënvalstreke met sanderige grond - voedingstowwe uitgeloog en grond raak suur.

Lig

Lig

  • Lig nodig vir fotosintese.
  • Oormatige lig - beskadig weefsels.
  • Fotoperiodisme?

Foto- (lig) en -periodisme (periode/tyd)

Fotoperiodisme verwys na die invloed van daglengte (blootstelling aan sonlig) op die groei van 'n plant.

Daar word onderskei tussen:

  • Kortdaglengte: blom met daglengte korter as 12 ure.
  • Langdagplante: langer as 12 ure nodig om te blom.
  • Neutrale plante: Nie geaffekteer deur daglengte nie.

Vervolg

  • Son- en skaduplante - plant is aangepas vir spesifieke ligintensiteite waaraan die plant blootgestel word.
  • Fotosintese vind teen 'n baie laer ligintensiteit plaas by skaduplante.
  • Sommige diere is naglewend - vlermuise en motte.
  • Molle en erdwurms (leef ondergronds) en verkies ook die donkerte.

Ektoterme diere: diere wat se liggaamstemperatuur afhanklik is van die omgewing se temperatuur. Hul raak onaktief tydens koue maande en hiberneer om te oorleef.

Hibernering?

Endoderme diere: hou liggaamstemperatuur konstant ongeag die omgewingstemperatuur. Hiberneer of migreer na warmer habitatte.

Jaarplante: voltooi lewensiklus in een seisoen en oorleef winter in vorm van saad.

Bladwisselende bome: verloor blare in winter om metabolisme te verlaag om te oorleef.

Sommige plante verloor bogrondse dele en oorwinter in vorm van bolle, knolle of risome.

Temperatuur

Water

Water lewensnoodsaaklik vir alle oorlewing van alle lewende organismes.

Plante is aangepas ten opsigte van hul waterbehoefte en word so in drie groepe verdeel:

Hidrofiete?

Mesofiete?

Xerofiete?

Xerofiete besit: dik vlesige blare, klein blaartjies, ingesinkte huidmondjies, dik kutikula, goeie wortelstelsel.

Diere

Diere is ook aangepas ten opsigte van water.

  • Kangaroe-rot drink nooit water nie, maar kry sy water uit voedsel.
  • Kameel, springbok en gemsbok kan vir lang tye sonder water oorleef.
  • Sommige woestyndiere soos die kameel se urine word in die vorm van kristalle uitgeskei, om soveel as moontlik water te bewaar.
  • Erdwurms benodig klam grond om te oorleef.
  • Insekte - harde eksoskelet wat uitdroging van die liggaam voorkom.

Vervolg

Vervolg

  • Reptiele - liggame is hard, droë skubbe, aangepas om waterverlies te voorkom.
  • Akwatiesediere - diere aangepas om in water te oorleef.
  • Visse: kieue vir gaswisseling en vinne vir vinnig swem & balans.
  • Walvisse, robbe en dolfyne besit longe en kom na aan die wateroppervlak om suurstof in te neem.

Waterkringloop: voortdurende, sikliese beweging van water tussen die aarde en die atmosfeer.

Waterkringloop

Vervolg

  • Presipitasie: Water beweeg vanuit die atmosfeer na die aarde in die vorm van reën, sneeu, mis, hael, dou en ryp.
  • Gedeelte van die water wat die aarde bereik, word deur die boonste grondlae geabsorbeer om higroskopiese en kapillêre water te vorm.

Higroskopiese water: lagie water wat styf rondom gronddeeltjies vaskleef en nie maklik deur plantwortels geabsorbeer word nie.

Kapillêre water: water wat tussen gronddeeltjies voorkom en maklik deur plantwortels geabsorbeer word.

Vervolg

  • Gravitasiewater: van die water filtreer deur die boonste grondlae tot by die watertafel.
  • Watertafel: boonste oppervlak van die versadigde laag grondwater, in die dieper grondlae.
  • Infiltrasie: proses waartydens water deur die grond geabsorbeer word.
  • Van die water loop bogronds weg en vorm strome en riviere wat in mere en oseane uitmond.
  • Van die ondergrondse water kan weer die grondoppervlak deur fonteine bereik.
  • Water bereik die atmosfeer deur verdamping vanaf groot watermassas en grond.
  • Plante transpireer en verloor water in die vrom van waterdamp deur huidmondjies aan die atmosfeer.
  • Wolke: groot hoeveelhede waterdamp wat kondenseer.
  • Siklus nou voltooi en water keer deur presipitasie terug na die aarde.

Vervolg

Belangrikheid van vleilande

  • Sluit 'n wyeverskeidenheid habitatte in die binneland en kus in. Bv. vleie, moerasse en riviermondings wat deur strome en riviere verbind word.
  • Voorsien 'n konstante watervoorraad.
  • Water word natuurlik deur plantegroei gefiltreer en verminder die effek van vloede en droogtes.
  • Meeste vleilande besit 'n hoë watertafel en grond met 'n hoë waterhouvermoeë.
  • Hirdrofiete is volop.
  • Speel 'n belangrike rol in die handhawing van biodiversiteit aangesien dit 'n buitengewone verskeidenheid plant- en dierelewe onderhou.
  • Plante soos papkuil, aronskelk en vuurpyle kom algemeen in vleilande voor.
  • Vleilande is huidiglik onder geweldige druk. Meer as 50% van SA se vleilande het al verlore gegaan.
  • Groter St. Lucia vleilandpark in KZN is in 1999 tot 'n wêrelderfinisterrein verklaar.

Lug rondom ons bestaan uit 'n mengsel van gasse:

  • Stikstof (78%)
  • Suurstof (21%)
  • Koolstofdioksied (0,04%)
  • 0,96% ander gasse in wisselende hoeveelhede, bv. waterdamp.

Alle lewende organismes, behalwe anaerobiese bakterieë, benodig suurstof vir respirasie.

Groen plante benodig koolstofdioksied vir fotosintese.

Atmosferiese gasse

Vervolg

  • Terrestriële organismes haal suurstof direk uit die atmosfeer.
  • Akwatiese organismes absorbeer dit uit water, water besit baie minder opgeloste suurstof as lug.
  • Grondorganismes verkry suurstof uit die lug tusssen gronddeeltjies.
  • Plante absorbeer stikstof in die vorm van nitrate uit die grond.
  • Diere verkry stikstof vanuit die voedsel wat hulle eet.

Hoe is plante en diere aangepas vir gaswisseling?

Diere: besit asemhalingsorgane met gespesialiseerde gaswisselingsoppervlakke bv:

- voëls en soogdiere besit longe,

- visse kieue

- erdwurms se klam, naakte velle dien as gaswisselingsoppervlak.

Plante: besit huidmondjies op blare en stingels waardeur gaswisseling plaasvind.

- Houtagtige plante besit lentiselle vir gaswisseling.

- Om gaswisseling te vergemaklik, besit onderwaterplante 'n dun epidermis en geen kutikula nie.

Sommige akwatiese insekte, waterkewer, vang lugborrels tussen hul liggaamshare vas vir gaswisseling.

Gaswisseling

Wind

Bewegende lug (wind) versnel die proses van verdamping en transpirasie, wat veroorsaak dat lewende organismes vinniger water verloor.

Bioties

Bioties

Al die lewende organismes (plante en diere) wat in die ekosisteem voorkom.

Daar word onderskei tussen:

  • Outotrofe komponent
  • Heterotrofe komponent
  • Outotrofe komponent bestaan uit alle groen plante wat kan fotosinteer en hul eie organiese voedsel (koolhidrate) vervaardig.
  • Ook produseerders genoem.

Outotrofe

Heterotrofe

  • Organismes wat nie hul eie voedsel kan vervaardig nie.
  • Direk of indirek van produseerders afhanklik vir voedsel.
  • Bekend as verbruikers.
  • Verder verdeel in primêre, sekondêre en tersiêre verbruikers asook die ontbinders.

Primêre verbruiker

Voed direk op produseerder en sluit in:

  • Herbivore
  • Omnivore

Primêre

Sekondêre verbruiker

Sekondêre

Voed op primêre verbruikers en sluit die volgende in:

  • Karnivore
  • Aasvreters - oorblyfsels van dooie diere eet.
  • Omnivore

Tersiêre verbruiker

Voed op sekondêre verbruikers en kan karnivore of omnivore wees.

Tersiêre

Ontbinders

Ontbinder

  • Hoofsaaklik saprofitiese bakterieë en swamme wat op dooie organiese materiaal voed.
  • Breek organiese verbindings af tot eenvoudige anorganiese stowwe, wat weer in omgewing vrygestel word.

Energievloei

ENERGIEVLOEI

Stralingsenergie van son word gedurende fotosintese omgesit in chemiese potensiële energie en koolhidrate word in groen plante (produseerders) geberg.

  • Primêre verbuikers kry energie deur plante (produseerders) wat hul eet.
  • Sekondêre verbruikers - energie deur primêre verbruikers te eet.
  • Tersiêre verbruikers - energie - eet sekondêre verbruikers.

Vervolg

  • Uiteindelik gaan produseerders en verbuikers dood en word deur bakterieë en swamme ontbind.
  • Energie word in omgewing vrygestel.
  • Voedselketting: oordrag van energie vanaf son, deur groen plante en verskillende verbruikers.
  • Voedselketting begin altyd met 'n produseerder, gevolg deur die verbuikers en eindig met ontbinders.

'n Voedselketting kom nooit geïsoleerd voor nie, gewoonlik ineengeskakel met ander voedselkettings om 'n voedselweb te vorm.

Vervolg

Lewende organismes kom op verskillende voedingsvlakke in 'n ekosisteem voor - staan bekend as trofiese vlakke.

Trofiese vlakke

Vervolg

Eerste trofiese vlak: Produseerders wat hul eie voedsel produseer.

Tweede trofiese vlak: Primêre verbruikers (herbivore).

Derde trofiese vlak: Sekondêre verbruikers (karnivore).

Vierde trofiese vlak: Tersiêre verbruikers (karnivore wat op karnivore voed).

Omnivore kan deel wees van 2de, 3de of 4de trofiese vlak.

Vervolg

  • Ontbinders (bakterieë en swamme) kan deel wees van al die trofiese vlakke, want dit hang af watter organisme word ontbind.
  • Op elke trofiese vlak gebruik organisme energie vir groei (metabolisme) en energie word vrygestel tydens respirasie en uitskeiding van urine en feses.
  • Hierdie energie is dus nie beskikbaar vir die volgende trofiese vlakke nie.
  • Hoe langer 'n voedselketting, hoe minder energie is beskikbaar wat na die volgende trofiese vlak oorgedra kan word.

Verskillende trofiese vlakke word dikwels as ekologiese piramides voorgestel.

Produseerders vorm altyd die basis van die piramides, met verbruikers wat daarop volg.

Drie soorte ekologiese piramides:

- Getalpiramide

- Biomassapiramide

- Energiepiramide

Ekologiese piramides

  • Getalpiramides toon werklike aantal individue op elke trofiese vlak aan.
  • Kleinerwordende trofiese vlakke volg opmekaar.
  • Soms is getalpiramide onderstebo met kleinste trofiese vlak aan onderkant, bv. roosboom wat baie plantluise bevat wat gevreet word deur skilpadbesies.

Getalpiramide

Biomassapiramide

  • Toon die totale massa van organismes op elke trofiese vlak aan.
  • Hoe groter die produktiwiteit van die ekosisteem, hoe groter die hoeveelheid lewende materiaal wat daarin onderhou kan word.

Energiepiramide

  • Toon die hoeveelheid energie wat op elke trofiese vlak voorkom aan.
  • Belangrik: met die oordra van energie van een trofiese vlak na 'n ander gaan energie verlore.
  • Die produseerders besit dus oor meer energie as die daaropeenvolgende trofiese vlakke.

Siklisering van voedingstowwe

  • Voedingstowwe - noodsaaklik vir groei en ontwikkeling van lewende organismes.
  • Sommige voedingstowwe sirkuleer tussen lewende organismes, hidrosfeer, atmosfeer en litosfeer en sluit in:

- Suurstof

- Stikstof

- Koolstof

- Water (reeds behandel)

Suurstofkringloop

  • Suurstof sirkuleer soos ander elemente deur die ekosisteem en biosfeer.
  • Aarde besit 'n vaste hoeveelheid suurstof wat in die atmosfeer, oseane, rotse en alle lewende organismes voorkom.
  • Suurstofatome kom nooit as enkelatome voor nie - diatomiese molekule, of verbinding met ander elemente.
  • Lewende organismes gebruik suurstof in verskeie vorme.
  • Fotosinterende organismes is hoofbron van suurstof op aarde.
  • Groen plante gebruik koolstofdioksied uit atmosfeer om deur proses van fotosintese koolhidrate en suurstof te vorm.

Vervolg

  • Diere en plante absorbeer suurstof uit die atmosfeer om koolhidrate af te breek na koolstofdioksied en water tydens die proses van respirasie.
  • Ontbinders (bakterieë en swamme), benodig suurstof om dooie organiese materiaal te ontbind, stel koolstofdioksied vry.
  • Groot hoeveelheid suurstof is opgelos in water van oseane, mere en riviere.
  • Akwatiese organismes gebruik suurstof vir respirasie en ontbinding en stel koolstofdioksied in water vry.

Vervolg

  • Groot gedeelte van aarde se suurstof kom in rotse voor.
  • Suurstof uit atmosfeer bind onder andere met silikon en yster in rotse om silikate en ysteroksied (roes) te vorm wat tot oppervlakverwering van rotse lei.
  • Organismes soos ligene breek rotse oor duisende jare af (verwering) en stel voedingstowwe en suurstof vir lewende organismes vry.

Stikstofkringloop

Stikstofkringloop

  • Stikstof noodsaaklik vir biologiese prosesse.
  • Lewende organismes benodig stikstof om aminosure te vorm, boustene van proteïene.
  • Stikstofgas kom in groot hoeveelhede in atmosfeer voor (78% van atmosferiese gasse), maar kan nie in hierdie vorm deur plante en diere gebruik word nie.
  • Plante kan slegs stikstof in die vorm van nitrate gebruik.
  • Vry stikstof word op twee maniere in nitrate omgeskakel:

1. Elektriese fiksering deur weerlig en reën.

2. Stikstofbindende bakterieë:

- Vrylewende grondbakterieë absorbeer stikstof uit ruimtes tussen grondpartikels en skakel om na nitrate.

- Mutualistiese knoppiesbakterieë op wortels van peulplante, skakel vry stikstof om in nitrate vir die plant.

In ruil hiervoor huisves die peulplant die bakterieë en verskaf voedsel daaraan.

  • Nitrate in grond deur plante geabsorbeer.
  • Stikstof in nitrate word gebruik om plantaardige proteïene te vorm.
  • Diere eet plante en verkry stikstof waarmee hul dierlike proteïene vervaardig.
  • Plante en diere doodgaan - proteïene in hul liggame, deur ontbindingsbakterieë, tot ammoniak ontbind.
  • Uitskeidings (urine) van diere besit ureum wat ook in ammoniak omgeskakel word.

Vervolg

Vervolg

Ammoniak (vanaf dooie orgaiese materiaal en ureum) word deur nitrifiseringsbakterieë, in 2 stappe afgebreek tot nitrate:

  • Ammoniak na nitriete (NO2-)
  • Nitriete (NO2-) na nitrate (NO3-)

Nitrate in grond word:

  • deur plante geabsorbeer om proteïene te vorm.
  • deur denitrifiseringsbakterieë in die grond omgeskakel na vry stikstof in die atmosfeer, wat die siklus voltooi.

Koolstofkringloop

Koolstofkringloop

  • Koolstof is 'n belangrike komponent van organiese verbindings: koolhidrate, proteïene, lipiede, nukleïensure en vitamiene.
  • Koolstof kom in die vorm van koolstofdioksied (CO2) in die atmosfeer en opgelos in water voor.
  • CO2 tydens fotsintese deur groen plante gebruik om organiese verbindings te vervaardig.
  • Koolstof, wat deel van organiese verbidings in plante is, word na diere oorgedra, want plante dien as dierevoedsel.

Vervolg

  • Soms word dooie plante- en dierereste nie ontbind nie, maar saamgepers (gefossileer) om fossielbrandstowwe soos steenkool en olie te vorm.
  • CO2 keer op 3 maniere terug na die atmosfeer om die siklus te voltooi:

1. Selrespirasie - organiese verbindings in plante en diere word in teenwoordigheid van suurstof afgebreek en energie, water en CO2 vrygestel.

2. Ontbinding - ontbinders breek organiese verbidings in dooie plante en diere af en stel koolstof in die vorm van CO2 vry.

3. Verbranding - hout (plante) en fossielbrandstowwe stel CO2 vry tydens verbranding.

Wat gebeur as die balans in voedingskringlope versteur word?

Versteuring

  • Wanneer vodingskringlope nie korrek funksioneer nie- klimaatsverandering.
  • Aarde raak warmer.
  • Grootste oorsaak van aardverwarming is toename in kweekhuisgasse in atmosfeer.
  • Kweekhuisgasse (CO2 ook een) vang hitte van die aarde se atmosfeer vas en verhoed dat dit in ruimte uitgestraal word.
  • Hoeveelheid CO2 in atmosfeer word konstant gehou deur fotosintese.
  • Menslike aktiwiteite verhoog die CO2 konsentrasie in atmosfeer.

Oplossings

Oplossings

  • Verminder gebruik van fossielbrandstowwe deur alternatiewe energiebronne soos sonenergie, golfenergie en windenergie te gebruik.
  • Gasvrystellings van nywerhede moet beperk word.
  • Wêreldwye samewerking van geïndustrialiseerde lande om kweekhuisgasvrystellings te verminder.

TITLE

Click to edit text

Ekotoerisme in Suid-Afrika

Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi