Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading content…
Loading…
Transcript

Oorsake van die Franse Revolusie

Gr10

Wat is 'n revolusie

Revolusie?

  • Tyd van groot dramatiese verandering
  • Hoop vir verandering en die nodige hervormings word nie gebring nie
  • Politieke revolusie behels algehele verandering in die regeringstelsel
  • Vind plaas wanneer mense vir 'n lang tyd ontevrede is met hule toestande en geen ander manier vir verandering sien nie, hulle kom in opstand, bring leiers tot 'n val en vorm 'n nuwe regering en -stelsel

Vervolg

  • Die byeenroeping van die State Generaal het hoop geskep dat Lodewyk XVI die nodige verandering gaan bring
  • Dit was by die eerste byeenroeping duidelik dat hy nie die nodige hervormings gaan aanbring nie(5 Mei 1789)
  • Toe die 3de stand by die 2de byeenroeping (17 Junie) by die hekke van die Paleis van Versailles aankom was dit egter gesluit...

Hoekom in Frankryk?

  • In die Vereenigde Koninkryk was daar reeds hervormings in die 17de eeu. die koning het sy mag met 'n parlement gedeel > heerskappy was nie absoluut [Konstitusionele monargie]
  • In Rusland het die tsaar absolute mag gehad en die land was onder die beheer van die feodale stelsel. Daar was dus geen geleentheid vir 'n revolusie

Toestande in Frankryk wat 'n revolusie teen 1789 moontlik gemaak het

Inleiding tot oorsake

  • Was politieke revolusie
  • Baie dinge van politieke stelsel en maatskaplike struktuur waarvan mense nie gehou het nie

Beinvloed deur:

  • verspreiding van nuwe idees oor vryheid en gelykheid & idees oor hoe lande behoort te regeer word
  • ekonomiese krisis
  • armoede en hongersnood
  • teleurstelling dat SG bymekaar geroep is om belastings te verhoog.

Politieke stelsel

  • Absolute monargie
  • Koning het die reg gehad om regeringsministers aan te stel en om alle besluite te neem en wette te maak.
  • Regeer met goddelike reg (slegs aan god verantwoordelik)
  • Oorerwingbestuur: In ‘n monargie, word die troon oorgedra van een lid van die famile na ‘n ander binne dieselfde famile.
  • Alhoewel daar ‘n parlement was, State Generaal, het dit vir 175 jaar nie vergader nie, en die verteenwoordiging en stemming was onregverdig.
  • Die koning het algehele mag gehad aangesien hy die enigste een was wat die SG bymekaar kon roep
  • Koning besit wetgewende, uitvoerende en regterlike mag
  • Dus: wat die koning gesÊ het was wet.
  • Lodewyk XVI was nie 'n goeie leier nie en mense het die stelsel van absolute monargie begin bervraagteken

Ekonomiese toestand

Land was ekonomies in 'n swak toestand --> Was in 18de eeu betrokke by 'n aantal oorloe en regering het groot somme geld geleen om vir kos, wapens & lone vir die leer te betaal

Frankryk was bankrot:

  • hulle moes teen 1780's lenings aangaan om rente op vorige lenings te betaal
  • Daar was beperkte industrialisasie en handel
  • landbou het te min voedsel produseer
  • invordering van belasting was oneffektief--> Al die belastings is betaal deur die middelklas en die kleinboere , van wie vele uiters arm was, terwyl die adelstand en die kerk nie hoef nie
  • Die lewenstyl van die koning, sy gesin en die koninklike amptenare het baie geld gekos
  • Die regering het nie genoeg belasting gein om vir al die dinge te betaal nie en die hele stelsel moes hervorm word

Maatskaplike struktuur

Maatskaplike struktuur.

Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi