Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading…
Transcript

Ek is oek important

Snyders wil beklemtoon dat doodgewone mense baie belangrik is en dat beroepe waarop neergekyk word, soms belangriker is vir die sameleweing.

Pieter Snyders

Teenstellings in die gedig

Pieter Snyders het grootgeword in Wynberg en Athlone. Nie een van sy ouers is geleerd nie – sy pa is 'n hout masjinis en sy ma is 'n tuisteskepper.

Hy het op skool begin skryf, omdat die leerders 'n stukkie koek gekry het as hulle iets kon voordra of opvoer. Dit was groot motivering vir 'n arm kind. Hy het ook as kind briewe geskryf, omdat 'n sekere koerant brieweskrywers betaal het indien hul briewe gepubliseer word. Op sesties is sy eerste kortverhaal gepubliseer. Hierdie skryfwerk was aanvanklik in Engels, maar Snyders het besluit om te skryf oor die mense wat hy ken en om ook te skryf soos wat hulle in werklikheid praat. Snyders raak bekend as skrywer van dramas en gedigte.

In 2002 skryf hy in vir 'n BA-graad in Skeppende Kunste aan die Universiteit van Kaapstad en van hierdie jaar af skryf hy voltyds.

Op die Kaapse Vlakte is hy baie betrokke by die gemeenskap deur amateur toneelspelers op te lei. Aanvanklik was hy lid van die Belhar Amateur Drama vereniging en stig dan die Unison Players in 1975, 'n teater vereniging wat aanvanklik in Athlone gebaseer is, maar later verhuis na Mitchells Plein.

geldgatte - straatveër

vuil- skoon

Hierdie teenstelling beklemtoon die feit dat die rykes voorkom asof hulle nie trots is op hul omgewing nie

Hy hou daarvan om sy verse aan te pas vir toonsettings.

Sy verwerkings behels alle musiekstyle en dikwels

kruis of verenig hy musiekgenres.

Hierdie gedig is geskryf soos wat die spreker praat dus die spreektaal van die spreker.

Daar word spelfoute gemaak, Engelse woorde kom in die gedig voor en min tot geen leestekens word gebruik.

geldgatte (r.1)

Verwyt teenoor die rykes wat die spreker as minderwaardig behandel

"innie" r. 4

Assimilasie is wanneer een klank opgeneem word deur 'n ander klank.

Pieter Snyders

Assimilasie word regdeur die gedig gebruik. Die spreker gebruik 'n Kaapse dialek en assimilasie is een van die grootste kenmerke van hierdie dialek.

"borrels" r. 9

Hierdie is ook 'n voorbeeld van assimilasie.

Engelse woorde en gemengde Afrikaans en Engels word gebruik, omdat dit die spreektaal van die spreker is. Dit maak die gedig geloofwaardig en skep 'n prentjie van die spreker.

Peter James Snyders is ’n Suid-Afrikaanse

skrywer en is op 14 November 1939 in

Wynberg in Kaapstad gebore.

Let op die tipografie.

Die opgestapelende reëls mag wys na die gemors wat opgestapel is.

Die aksie van rommelstrooi, word waarskynlik deur die inkeping van van die reëls uitgebeeld. Dit kan ook verwys na die aksie van die spreker wat buk, rommel optel en herhaal.

Ek is oek important

1

2

3

4

5

6

7

8

9

10

11

12

13

14

15

16

17

18

19

As al julle geldgatte

julle geld gespendit

en julle bananaskille

inni slootjie gegooi het,

en julle bustikkits

soes confetti gestrooi het,

en julle stain en cool drinks

opgedrink het,

en julle borrels en blikkies

in ‘n gangetjie gesit het,

en julle visgraatbolle

en vrot vrugte

en stukkende boksies

en papiere

r o n d g e g o o i het…

dan kom ek

en maakie wêreld weer skoon:

soe,

ek is oek important.

"r o n d g e g o o i" r. 15

Tipografie word hier gebruik om die emosie en frustrasie van die spreker uit te beeld.

In die vorige versreëls lys die spreker al sy frustrasies en in hierdie versreël beklemtoon hy dat hy genoeg gehad het. Die digter het die letters van die woord uitgerek soos wat mens iets stadig en duidelik sou sê, sodat almal verstaan.

dan (r.16) dui die wending aan. Na alles, dan kom ek...

Hierdie is die draaipunt/ wending in die gedig. Die toon van die gedig verander van woede na rustigheid en dalk moedeloosheid.

In die strofe wat volg, word die spreker se karakter uitgebeeld en word daar 'n menslikheid aan hom gekoppel. Hy wil die menslikheid koppel, omdat so baie mense hom dalk miskyk. Hy is die gesig van baie beroepe wat in die gemeenskap as nderwaardig beskou word.

en (r. 17)

In die vorige strofes verwys "en" na die rommel wat rondgestrooi is, maar hierdie "en" verwys na die rommel wat opgetel word. Die opruim en skoonmaak.

Die dubbelpunt (r.17) beklemtoon die spreker se gevoel wat volg.

Die titel word hier herhaal.

Hierdie is 'n voorbeeld van uitsteltegniek. Die titel en gedig word saamgebind aan die einde van die gedig. Dit bind die gedig tot 'n volkome eenheid.

Hier word dit bevestig dat die straatveër die spreker is en dat hy trots op sy beroep is.

Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi