Ek het 'n huisie aan die Rand
Titel
Verwys na die spreker se huis
of woning aan die Witwatersrand
Ek het 'n huisie by die see
1. Ek het 'n huisie aan die Rand. Dis nag.
2. Ek het my huisie tweemanhoog ommuur;
3. 'n draad gespan; 'n kopbeen se: Bly weg!
4. Dis 'n fort waar ek saans verskans.
5. Daarbuite hoor ek mense hardloop, skote knal
6. deure klap, rubberbande snerp op teer.
7. Dan stilte. Daarbuite hoor ek ruite val.
8. (of is dit binne waar diefwering makeer?)
9. Ek het 'n huisie aan die Rand. Dis nag.
10. My huis, my paradys, bly lekker onversteur.
11. Kyk hoe blink die koppe aan my draad:
12. tot hier dring niemand, maar niemand deur.
13. Ek het 'n huisie aan die Rand. Dis nag.
14. Die alarm by die Trellidr hou knipoog wag.
4 versreels