Introducing 

Prezi AI.

Your new presentation assistant.

Refine, enhance, and tailor your content, source relevant images, and edit visuals quicker than ever before.

Loading…
Transcript

Eenheid 3: Impak van tegnologie

Evalueringsvaardighede

Tegnologie het ons lewens so makliker en geriefliker gemaak. Dieselfde tegnologie wat vir ons beter kommunikasie en inligting gee, kan ook soms onvoorsiene gevolge hê.

Assesseringstaak 2

Evaluering is wanneer jy kommentaar lewer op iemand anders se werk, hierdie kommentaar kan wissel van positiewe en/of negatiewe kommentaar of advies.

Soms kan die tegnologie se negatiewe uitwerking op die samelewing groter wees as die positiewe uitwerkings.

Wanneer evaluering plaasvind moet dit altyd volgens spesifieke kriteria gedoen word, hierdie kriteria kan in die vorm van 'n rubriek, stiplys of antwoorde voorgestel word.

Teken 'n vryhandskets

  • met grafiekpapier;
  • met die hulp van eenpuntpuntperspektief

Klasbespreking:

Kyk na die volgende toring en evalueer die toring ( Negatiewe, positewe en advies)

Aktiwiteit 2

Voordat jy iets evalueer, vra altyd vir jouself:

  • Wat is die vereistes van die rubriek?
  • Watter advies kan ek gee om hierdie persoon te help om sy/haar werk te verbeter?

Assesseringsaktiwiteit 3

Kyk weer na hoofstuk 3 eeheid 2 en dink na aan watter onvoorsiene gevolge kan tegnologie op die samelewing en omgewing.

Verdeel in jul groepe van 6

Evalueer nou mekaar se individuele sketse wat in die vorige eenheid ontwerp is.

Bespreek elkeen se sketse deur die voordele en nadele te bepaal.

Elke leerder luister na wat die ander sê en skryf dit neer. Sodat jy as leerder aan jou tekeninge kan verbeter met die advies wat deur die groepslede aan jou gegee is.

Hou 'n klasbespreking

Teken vryhandsketse

Vryhandsketse is tekeninge wat sonder tekeninginstrumente gemaak word en wat nie noodwendig op skaal is nie.

Eenheid 2

Ontwerpvaardighede

Baie mense dink dat torings lelik is.

Om daardie rede word torings bedek met plante en goed wat soos plante of ander aantreklihede lyk. Dit word "kamoeflering" genoem.

Kyk nou na 'n paar voorbeelde:

Kyk weer na vorige werk om die betekenisse van die terme ontwerpopdrag,spesifikasies en beperkinge te onthou.

Eenheid 4: Evalueringsvaardighede en maakvaardighede

Bespreek hierdie definisies weer met die leerders

Skryf die ontwerpopdrag

Maakvaardighede:

(2 periodes)

Daar sal nou van julle verwag word om die beste ontwerp tussen die 6 van julle te kies.

Die eerste stap in die probleemoplossing is om 'n ontwerpopdrag en spesifiaksies vir die oplossing van die probleem te skryf.

(Periode 1)

Voordat jy met die werkstekeninge begin moet jy eers nadink oor die hulpmiddels wat jy gaan gebruik om jou model te maak.

Daar is 3 vrae wat jy jouself kan vra as julle 'n lys opstel:

  • Wat is die funksie van die materiaal in die produk?
  • Wat is die eienskappe van jou materiaal?
  • Watter impak het jou materiaal op die omgewing? positief of negatief?
  • Hoeveel kos die materiaal?

Assesseringstaak 1

Ontwerpstelling:

Omgewingsimpak:

Funksie:

Eienskappe:

Wat doen die materiaal in die produk?

Wanneer jy materiale vir jou produk kies onthou om aan die veiligheid van al die mense wat betrokke kan wees ook te dink.

Jy behoort ook te dink aan die mense wat die vullis uitsorteer wanneer die produk eendag uitgegooi sal word.

  • Stabiliteit;
  • Stewigheid en sterkte;
  • Maklik om instand te hou?
  • ens.

bv.

as hy gemaak is om water uit te hou,moet hy waterdig wees;

of as hy moet skoon bly moet sy kleur donker en maklik wasbaar wees.

Assesseringstaak 4

Koste van materaal:

Met alles in gedagte, verdeel nou in jul

groepe en lys die hulpmiddels wat gebruik gaan word. Deur gebruik te maak van die 4 punte wat nou bespreek was.

Huiswerk:

Onthou om altyd te probeer om die koste so laag as moontlik te hou!

Kyk individueel solank na bl 105 waar die verskillende gereedskap gelys word: Maak dan 'n lys van die gereedskap wat jy dink julle gaan in die projek gebruik.

ky ook na 'n kostebeplanningslys van die materiale en hulpbronne.

Julle sal dit alles in die volgende periode opstel.

Evalueringsvaardighede:

Ontwikkel nou verder aan die rubriek, om die ander spanne se modelle te evalueer.

Ontwerp en maak 'm model van 'n selfoontoring wat in 'n plattelandse dorpie opgerig gaan word om selfoonopvangs vir die dorpie te verskaf.

Skep dan die tabelle met die lys van vrae wat jul in die vorige periode aan gewerk het.

Teken werkstekeninge op skaal:

Julle het nou 'n vryhandskets geteken, jou spanlid het hom geëvalueer en toe het julle die beste tekening gekies.

Nou gaan elke leerder in die groep hierdie tekening wat gekies is, op skaal teken met 'n tweedimensionele aansig.

Bou van model:

Gaan terug na kwartaal 1 waar julle geleer het van enkelverdwynpuntperspektief en dieptes van lyne.

Daar vind baie plaas tydens die maakproses daarom moet julle verantwoordelikhede aan die verskillende lede in die span dien.

Doen assesseringsaktiwiteit 5

Die volgende moet tydens die bou van jul projek ook ontwikkel word:

  • Opstel van 'n rubriek vir evaluering;
  • Beplanning en voorbereiding van jul voorlegging.

Dink aan die volgorde van die werk. bv. lys die stappe wat julle gaan volg om die model te maak.

Doen Assesseringstaak 6

Evalueringsvaardighede:

Assesseringstaak 7:

Ontwikkel 'n rubriek om die ander spanne se modelle te evalueer

Maak 'n lys van al die vrae wat jou span in die rubriek gaan gebruik

Voorbeelde van rubrieke sal weer aan leerders gewys word.

GRAAD 7 STRUKTURE

Eenheid 1 Strukture

Hersiening van strukture.

Eenheid 5:

Kommunikasievaardighede

Jy gaan in groepe van 6 werk aan jou projek asook individuele aktiwiteite doen.

Die onderwyser sal sê wanneer dit individueel of in jou groep is.

Doen 'n suksesvolle voorlegging:

Julle het weke bestee aan die ontwerp van 'n selfoontoring. Nou is dit tyd om vir die ander spanne van julle werk te vertel.

Verduidelik waaraan ontwerpers moet dink en in gedagte neem wanneer hul 'n toring ontwerp

Hou die volgende aspekte in gedagte:

  • Stabiel;
  • sterk;
  • materiaal;
  • stewig;
  • hegtingstegnieke;
  • ens.

Die voordra:

  • Maak kontak met die gehoor;
  • praat duidelik met gepaste gesigsuitdrukkings en stadig;
  • Toon selfvertroue;

Klasbespreking 1:

Bespreek ( in jul onderskeie groepe) hoe jul seker gaan maak dat die strukture veilig en aantreklik gebou gaan word.

Voorlegging:

Organisering:

Doelwitte:

  • Vereistes vir 'n goeie toring uitlê;
  • Gepaste area vir 'n toring aanwys;

Assesseringstaak 7

  • Wees goed voorbereid en oefen voor die tyd;
  • Visuele hulpmiddels moet duidelik en groot genoeg wees;
  • Inhou moet nie ingewikkeld wees om te volg nie.

Berei 'n voorlegging voor vit ten minste 5 minute.

Jy en die gehoor;

  • Wees entoesiasties oor die onderwerp;
  • Toon belangstelling in die behoefte van die gehoor.

'n Kwartaaltoets sal na die Mini PAT geskryf word.

Graad 7 Mini PAT

Learn more about creating dynamic, engaging presentations with Prezi