Loading presentation...

Present Remotely

Send the link below via email or IM

Copy

Present to your audience

Start remote presentation

  • Invited audience members will follow you as you navigate and present
  • People invited to a presentation do not need a Prezi account
  • This link expires 10 minutes after you close the presentation
  • A maximum of 30 users can follow your presentation
  • Learn more about this feature in our knowledge base article

Do you really want to delete this prezi?

Neither you, nor the coeditors you shared it with will be able to recover it again.

DeleteCancel

Make your likes visible on Facebook?

Connect your Facebook account to Prezi and let your likes appear on your timeline.
You can change this under Settings & Account at any time.

No, thanks

Untitled Prezi

No description
by

Louise van schalkwyk

on 12 August 2013

Comments (0)

Please log in to add your comment.

Report abuse

Transcript of Untitled Prezi

wie's
wie?
marzanne
feminis ; nie romanties nie; joernalis; slim; hardkoppig; onafhanklik
nadia
romantikus, poppie, modieus, dramaties, sensitief, wil regisseur van die toneelstuk wees
beste vriendinne
wikus
bleeksiel, slim, skaam, lief vir rekenaars, joernalis, "ongeslypte diamant", groot skouers, mooi arms, blou oë, goeie sin vir humor.
armand
die skimdigter
werk saam by Die Weekblad
sportief, aantreklik,
hy is vol van homself,
hy is die klasnar,
populêr,
romanties; misterieus; sjarmant; geheimsinnig; nederig; hy is in Marzanne se skool/klas, want hy weet van haar reputasie as 'n "mannehater"
1
2
3
4
Dis Vrydag by die skool.
In Miss Riley (Perfect Tense) se klas maak Marzanne die stelling dat Shakespeare 'n seksis is.
liefde laat jou
rice crispies
anders proe

9y
Vrydagaand.
Nadia kuier by Marzanne en is baie opgewonde oor die sokkie saam met Armand. Maar Marzanne praat sleg van Armand. Sy bars Nadia se borrel. Nadia sê Marzanne is jaloers en dat sy soos Perfect Tense gaan opeindig. Nadia storm uit.
Dis steeds Vrydagaand.
Marzanne gaan sit by haar rekenaar om te werk aan haar berig vir "Die Doring" (skoolkoerant).
Ons vind uit dat Marzanne graag 'n joernalis sal wil word.
Daar is twee boodskappe: een spot vir Perfect Tense en die ander is 'n liefdesgedig van die "Skimdigter".
Marzanne besluit om terug te skryf aan die Skimdigter. Hulle wissel 'n paar e-posse waarin die Skimdigter eerstens instem dat Marzanne sy gedig in die skoolkoerant mag publiseer, en tweedens vra hy vir Marzanne of sy glo in die liefde.
Marzanne vervies haarself vir die persoonlike vraag en besluit om nie terug te stuur nie.
Dis Saterdagoggend.
Nadia bel vir Marzanne en vertel haar dat sy reg was - Armand was "'n vark". Hy het Nadia verneder by die dans en sy moes soos 'n muurblommetjie sit terwyl hy met ander meisies dans.
Nadia gaan na Marzanne se huis toe en hulle gesels oor die aand. Nadia besluit dat sy van nou af amptelik mans haat.
...tot sy die Skimdigter se gedig lees en sy weer van vooraf begin dagdroom oor 'n ridder op 'n wit perd.
7
8
Armand en Marzanne gaan 'n weddenskap aan in die gang by die skool. Daar is baie toeskouers. Die ooreenkoms is dat as Armand 'n rol in die toneelstuk kry, moet Marzanne enigiets doen wat Armand sê. As hy nie 'n rol kry nie, moet hy alleen na die Mei-dans gaan. Hy mag ook nie met ander meisies dans nie en moet soos 'n muurblommetjie wees.
12
Nadia vertel die klas oor hulle idee vir Romeo vs Juliet. Die hele klas is eers stil, dan skiet Armand se hand op. Hy vra vir Marzanne hoe Romeo die hardgebakte Juliet se hart gaan wen. Nadia sê dat dit 'n geheim is. Sy stel voor dat die meisies op 'n manier besluit en dat Perfect Tense dit dan in die storie kan inwerk. Die hele klas stem vir die idee.
10
Marzanne en Nadia moet 'n storie vir die toneelstuk uitdink. Hulle sukkel en roep vir Wikus in om hulle te help. Nadia dink Wikus is die Skimdigter en dat hy verlief is op Marzanne. Marzanne dink nie so nie.
9
Marzanne se ma wens haar geluk met haar artikel in die koerant. Marzanne besluit om die Skimdigter te kry om in te skryf vir die Weekblad se skryfkompetisie. Sy e-pos hom om hom te vra. Die Skimdigter sê sy kan die gedig inskryf, solank hy anoniem kan bly.
5
Dis Saterdagoggend. Wikus en Marzanne werk saam by die Weekblad.
Marzanne word gevra om 'n artikel/advertensie oor 'n skryfkompetisie te skryf. Wikus is 'n rekenaarboffin wat almal help met hulle rekenaars.
Wikus vra Marzanne of sy en Nadia saam met hom en sy vriend wil gaan fliek. Marzanne sê nee, want sy moet nog haar huiswerk doen.
13
14
Nadia is beindruk met Marzanne wat vir Armand geklap het. Sy sê dat hy dit verdien het en dat Marzanne vanoggend baie meisies se heldin is.
Marzanne sê dat dit in die teks was dat Romeo vir Juliet moes optel en dat sy geen reg gehad het om hom te klap nie.

Mnr. Raubenheimer en Perfect Tense bedank almal wat opgedaag het vir die oudisies en begin om aan te kondig wie die rolle gekry het.
Nadia is die regisseur.
Mnr. Raubenheimer herinner almal dat die belangrikste ding tydens 'n oudisie "spark" is. Die hoofrolle gaan dus aan Armand (Romeo ) en Marzanne (Juliet).
Marzanne is baie geskok en wil onttrek, maar Nadia sê sy moenie.
Armand kom praat met haar en Marzanne sê jammer vir die die vorige dag se klap. Armand herinner Marzanne dat sy die weddenskap verloor het.
Armand sê dat Marzanne 'n "cheerleader" (rasieleier) te wees by die naweek se rugbywedstryd.
Nadia bied aan om dit saam met Marzanne te doen.
15
Marzanne en Nadia is by Marzanne se huis. Hulle is besig om uitrustings en pom-poms te maak.
Marzanne se Ma kom sê vir haar dat Wikus vir haar in die sitkamer wag.
Nadia probeer weer heeltyd uitvis of Wikus die Skimdigter is. Sy sê dat 'n romantiese ou soos Wikus 'n goeie Romeo sou maak.
Wikus gaan die tegniese deel doen vir die opvoering.
Terwyl Marzanne gaan koeldrank haal, wonder sy vir die eerste keer of Nadia nie dalk reg is oor Wikus nie...
Toe sy terugkom met die koeldrank lig Nadia haar in dat sy vir Wikus gevra het om hulle te help om rasieleier-liedjies uit te dink.
16
Dis Saterdag by die rugbywedstryd en Marzanne en Nadia wag in die kleedkamer onder die pawiljoen.
Toe die eerstespan uitdraf is dit hulle tekens om ook hul verskyning te maak.
Nadia en Marzanne hardloop uit en die skare gaan mal. Hulle doen hulle danse en sing die liedjie vir die hele skool.
17
Maandagmiddag by die eerste toneeloefening sê Armand dat hy bly is sy het nie onttrek nie. Marzanne erken dat sy probeer het.
Armand bedank Marzanne vir Saterdag en sê dat hulle span gewen het. Hy vra of hy later vir haar en Nadia kan stick vir 'n milkshake of 'n fliek om dankie te sê.
Marzanne sê nee, want sy dink hy wil dan spog dat hy weereens TWEE meisies kon vang.
Armand weet nie waarvan sy praat nie en sê: "As jy nie wil hê ek moet al twee van julle uitneem nie, kan ek en jy liewer alleen gaan..."
18
Marzanne kom by die huis na 'n frustrerende toneeloefening.
Daar is 'n koevert op haar bed. Dit is van die organiseerders van die skryf-kompetisie: Die Skimdigter se gedig het eerste plek verower en hy het 'n kontanttjek van R500 gekry.
Sy stuur vir die Skimdigter 'n e-pos om hom te laat weet, en hy antwoord terug dat sy die geld aan die klas se fondsinsamelingsprojek kan skenk. (Dit beteken hy is in Marzanne se skool!)
Die Skimdigter vra vir Marzanne na die Mei-dans toe. Marzanne sê eers nee en raak dan vies as die Skimdigter haar beskuldig van bang wees wanneer hy agter 'n skuilnaam wegkruip. Die Skimdigter vra om verskoning en erken dat hy mal is oor Marzanne en intlik die gedig aan hAAR geskryf het.
Toe Marzanne nie terugstuur nie, stel die Skimdigter voor dat hy haar die aand sal kom haal.
Marzanne stem in...
19
Dis al 20 voor 7 en Marzanne weet steeds nie wat om aan te trek nie.
Marzanne se ma skree dat daar iemand by die deur is vir haar. Toe sy onder kom sien sy dat dit WIKUS is wat onder wag! Marzanne is teleurgesteld.
Wikus vra vir Marzanne hoekom sy en Nadia so vreemd optree en hy erken dat hy nie die Skimdigter is nie en dat sy opstel wat die prys gewen het, gegaan het oor waterbesoedeling.
Hy sê verder dat hy mal is oor NADIA! Hy vra Marzanne se hulp en Marzanne stuur hom dadelik na Nadia toe.
Die deurklokkie lui weer en in die lig van 'n weerligstraal sien Marzanne vir 'n oomblik sy gesig - dis Armand met 'n bos wit rose!
Marzanne skree op Armand en klap die deur in sy gesig toe.
Armand gee nie op nie en gaan staan buite in die reën in die blombedding en begin gedigte voordra buite Marzanne se venster.
20
21
Dis die aand van die Mei-dans.
Marzanne en Armand is saam daar en Nadia het saam met Wikus gegaan.
Perfect Tense en Mnr. Raubenheimer dans stadig en dromerig met mekaar.

Na die dans sien Armand vir Marzanne by haar voordeur af.
Ons vind uit dat die enigste manier om die hardgebakte Juliet se hard te wen, is om baie guts te hê.
Armand stel voor dat hulle oefen vir die soentoneel in die toneelstuk...

6
Marzanne en Nadia ry fiets skool toe. Nadia terg vir Marzanne oor Wikus.
Nadia is baie bly dat Armand se rugbyspan die Saterdag verloor het.

Eerste pouse gaan hulle Snoepie toe om "Die Doring" in die hande te kry.
Alet Krige, die redakteur van die skoolkoerant, en twee ander matriekmeisies keer hulle voor. Hulle wil weet wie die Skimdigter is.
Marzanne voel skuldig dat sy nie vir Nadia vertel van die e-posse tussen haar en die Skimdigter nie, maar sy weet dat Nadia net allerhande romantiese afleidigs sal maak.

Marzanne sien in Die Doring dat daar weer 'n fondsinsamelingsprojek is. Elke klas neem afsonderlik deel. DIe vorige jaar is die geld gebruik om die sportterrein op te knap en die klas wat die meeste geld insamel kry ook 'n prys. Die vorige jaar se klas het 'n naweek-lange klasuitstappie Weskus toe gewen.
Die hele klas en Perfect Tense praat oor 'n fondsinsamelingsprojek vir nuwe verhoogtoerusting. Nadia sê hulle moet 'n toneelstuk oor 'n Afrikaanse Romeo en Juliet opvoer. Armand vra "wat die res van hulle dan moet doen" en Marzanne sê die "rugbyspelers wat te bang" is vir die verhoog, kan die kaartjies verkoop. Die klas stem in. Hulle sê Marzanne kan ook 'n advertensie in die weekblad plaas.
11
Wikus help vir Marzanne en Nadia om die storielyn uit te dink vir hulle klas se toneelstuk. Perfect Tense en Mnr. Raubenheimer sal die stuk skryf.
Nadia probeer uitvind of Wikus die Skimdigter is...
Hulle besluit dat hulle toneel sal begin aan die einde van Shakespeare s'n - wanneer Romeo en Juliet altwee klaar dood is. Cupid sal dan op hulle afkom en skuldig voel. Cupid draai dan die tyd terug, maar Romeo en Juliet kan niks onthou van wat voorheen gebeur het nie en Cupid mag hulle ook nie waarsku nie. Juliet is dan 'n hardgebakte meisie en Romeo probeer om haar hart weer te wen.
Hulle besluit op die naam ROMEO VS JULIET

Toe Wikus weg is merk Nadia op hoe aantreklik Wikus is...
Perfect Tense en Mnr. Raubenheimer behartig die oudisies vir die toneelstuk.
Benedict Adriaanse is skreeusnaaks in die Cupido-vlerkies. Sy meisie, Jackie het hom gedwing om oudisies te doen.
Armand is nie by die oudisies nie en Nadia en Marzanne dink sy het die weddenskap gewen.
Nadia por vir Marzanne aan om te probeer vir die rol van Juliet omdat sy presies weet hoe die karakter vertolk moet word. Toe Mnr. Raubenheimer vra of Nadia wil probeer, sê sy nee sy wil die regie doen, maar Marzanne moet Juliet wees.
Marzanne leen Perfect Tense se teks en toe hoor hulle iemand van agter vra of hy ook 'n teks kan leen. Dis Armand wat sopas gekom het vanaf sy rugby-oefening.
Hy wil probeer vir die rol van Romeo.
Marzanne probeer om die situasie te ontsnap, en Armand vra vir haar of sy bang is.
Sy begin 'n toneel lees waar Juliet vir Romeo goed slegsê.
SKielik tel Armand vir Marzanne op en omhels haar. Sy is dadelik kwaad en begin skop sodat Armand haar neersit en voor sy kan keer, haak sy af en klap hom.
Eers is almal stil in die saal, maar toe bars daar 'n harde applous los en almal skree en lag.
Marzanne het vir Armand ingenooi en hy sit nou met 'n beker Milo op hulle sitkamerbank. Marzanne sê sy sal nie saam met hom Mei-dans toe gaan nie en Armand dreig om weer buitentoe te gaan en gedigte op te sê. Marzanne keer hom en konfronteer hoem dan oor hoe hy vir Nadia behandel het by die Valentynsokkie.
Armand verduidelik dat hulle almal as 'n groep na die sokkie toe gegaan het en dat hy nooit vir Nadia gesê het hy stel belang in haar nie. Inteendeel, hy het gedink as hy vir Nadia aan sy kant kry sal hy 'n kas staan om vir Marzanne beter te leer ken. Hy vertel Marzanne van sy hele plan om haar te kry en hy vra haar weer na die Mei-dans toe. Marzanne sê weereens nee en Armand stap buitentoe om net weer in die reën te gaan staan en gedigte voordra. Marzanne nooi Armand in en stem in om saam met hom Mei-dans toe te gaan op die voorwaarde dat hy vir niemand sal se dat hy gedigte voor haar venster voorgedra het nie.
Full transcript